Porterville plaasaanval: Ekstreme haat en geweld word uitbasuin – “Kill Die boer”, Viva Juju” en “Viva EFF” – ANC-regime ontken egter nogsteeds die harde werklikheid van plaasmoorde in SA!

“Die wreedheid in hul stemme. Die haat in hul oë.” Dit is wat Desiree Taylor-Van Schalkwyk (45) onthou nadat sy en haar man, Tobie, Sondagaand, 25 November 2018 op hul plaas buite Porterville aangeval is.

Desiree is seksueel aangerand en amper verkrag. Die aanvallers het haar man vol petrol gegooi. Die paartjie het gedink dit was hul einde en dat hulle lewendig verbrand sal word.

Desiree het met al haar kragte gesukkel om haar bene gesluit te hou terwyl twee aanvallers haar vasgedruk het en die een het probeer om haar bene oop te maak om haar te verkrag. Sy het hardop gebid en dit het die aanvallers net nog meer kwaad gemaak.

Ses weke gelede was die voorste ingang van hul huis bedek met graffiti. Die woorde “Kill the Boer”, “Viva Juju” en “Viva EFF” is in groot rooi letters op die voorste ingang van hul huis gespuit. Die egpaar het toe alreeds hul veiligheidsmaatreëls verskerp.

Die aanval op Sondag het plaasgevind toe Tobie ‘n lêer by ‘n kantoor naby hulle huis gaan haal het. Dis toe dat die aanvallers, drie swart mans, by ‘n hek ingeglip het. Die aanvallers het Tobie in die waskamer ingewag en hom op die grond gegooi. Tobie is geskop en in die gesig getref.

Die aanvallers het geskree: “Jou fokken wit Boer, ons gaan jou doodmaak! ”

Hulle wou weet waar die vuurwapens is, maar Tobie het gesê dat hulle nie vuurwapens het nie. Desiree het van die slaapkamer af gekom en op die aanranding afgekop wat besig was om plaas te vind. Sy is ook op die grond gegooi en in die gesig geslaan. Sy het gesien haar man lê in ‘n poel petrol. Dis toe dat sy gedink het dat hulle lewendig verbrand sal word.

Dit was ook toe dat Desiree seksueel aangerand is en byna amper verkrag is. Die aanvallers het aan Tobie gesê hy sal sien hoe sy vrou voor hom verkrag gaan word. Tobie het sy motorsleutels by hom gehad. Hy het die motor alarm geaktiveer en dit is wat hulle gered het. Die aanvallers het gevlug.

Desiree sê sy is daarvan oortuig dat haar man hul lewens gered het omdat sy kon sien dat die aanvallers hulle wou doodmaak. Haar man is ‘n parapleeg en hy stap met ‘n kierie.

Please follow and like us:
error

Leave a Reply

Follow by Email
Facebook
Facebook